image

Suid-Afrikaanse filmmakers se GROOTSTE openingsvrystelling ooit! 

As gevolg van fenominale mondelingse kommunikasie, ongelooflike pers en radioresensies, en die lof wat die rolprent in die sosiale media toegeswaai word, is die vervaardigers van Leading Lady letterlik ‘in die wolke’! “Om geld te maak by die lokket is en ding, maar om dit te doen terwyl jy glimlagte op mense se gesigte sit, maak die reuse taak om ‘n rolprent te skep al die moeite werd”, sê skrywer, regisseur en vervaardiger Henk Pretorius. “Die terugvoer en gonspraatjies rondom Leading Lady het my wildste verwagtinge oortref! Mense keer my selfs in winkelsentrums voor en vra of ek die vervaardiger van Leading Lady is”, sê vervaardiger Llewelynn Greeff, al blosende en heel beskeie.

Pretorius en Greeff was by Dark Matter Studios besig met ‘n dinkskrum vir hul volgende projek toe hulle ‘n oproep van SterKinekor ontvang om hulle in kennis te stel dat die openingsnaweek van Leading Lady selfs groter was as dié van die populêre romantiese komedie Semi-Soet — wat dit een van die grootste Suid-Afrikaanse romantiese komedie-openings ooit maak! 

Beide Henk en Llewelynn is van mening dat die sukses van Leading Lady te wyte is aan die feit dat alle Suid-Afrikaners die rolprent met ope arms ontvang en terdeë geniet. Die doelwit om ‘n rolprent vir alle Suid-Afrikaners te maak, waarin almal met mekaar en vir mekaar kan lag, is dalk net-net bereik

#DKEXP #LeadingLadyMovie

#DKEXP #LeadingLadyMovie

Van die 7 rolprente waarin Henk Pretorius as regisseur betrokke was, is hierdie seer sekerlik die grootste openingsnaweek ooit! — “wat beteken dat meer ‘Leading Ladies’ my tans op hulle ‘Facebook’-bladsy bevriend as ooit tevore.” Die resultaat: Leading Lady het hierdie naweek meer as 1,368 miljoen rand by die Suid-Afrikaanse lokket verdien, wat dit laat opskuif het tot die derde mees populêre rolprent in ‘n uiters mededingende week. “Gladnie sleg as jy met Hollywood-konsessievervaardigers moet meeding nie”, sê vervaardiger Llewelynn Greeff, terwyl hy sy bestelling vir ‘n koppie koffie met ‘n glas sjampanje vervang.

Hierdie genotvolle, somer-rolprentvrystelling is nou in teaters landswyd te sien!

LIKE’ ons op ‘Facebook’, of VOLG ons op ‘Twitter’ om deel te neem aan die gesprek oor die rolprent.

Leading Lady se Suid-Afrikaanse lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=hTbmO936bqs

Skakeling & Bemarking
Starburst Promotions — Alishia van Deventer
Selfoon: 083 635 4717;

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Besonderhede vir Leading Lady
Webtuiste: www.leadingladymovie.com
Facebook: https://www.facebook.com/filmleadinglady
Twitter: @leadinglady /

Hashtag: #LeadingLadyMovie #BritVsBoer

Besonderhede vir Dark Matter Studios
Webtuiste: www.dmstudios.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/pages/Dark-Matter-Studios/459420337414367
Twitter: @dmstudiosSA

Content published by

DK Expressions®